Grondslag
Ons grondslag van CVO Kalahari in Olifantshoek lê in die beginsel van die Christelike Protestantse geloof, wat gegrond is op die Bybel en ook die uitleef van die Afrikanerkultuur in beskouiing dat die Afrikanerkultuur gehoorsaam is aan die Bybelse kultuuropdrag.
Leerlinge se reg tot moedertaal onderrig word erken en daarom is die voertaal en onderrigtaal by CVO Kalahari Afrikaans. Die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner as as taal- en kultuurgroep word ook gedenk en eerbiedig.
Onderrig is dan ook gebasseer op hierdie beginsels en die onderrig word aangebied op hier Gereformeerde basis.
Visie
CVO Kalahari is ‘n BCVO Skool met leerlinge wat uitblink in kreatiwiteit, selfstandigheid en respek vir medemense. Ons is op die voorpunt van akdemiese, sport en kulturele ontwikkeling. Alle werksaamhede en onderrig wat geskied is BCVO geundeerd, wat beteken dat ons rigsnoer God en die Bybel is. Moedertaal onderrig bevredig die behoefte om in Afrikaans onderrig te word.
Missie
CVO Kalahari se missie is om leerlinge in ‘n stabiele omgewing die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te bereik op ‘n gebalanseerde wyse deur die volgende te bewerkstelling:
Opgeleide en ingeligte onderwysers wat gehalte onderrig en opvoeding aanbied.
‘n Liefde vir God, mekaar, Afrikaans, ons land en die kultuur-eie te kweek. Ondersteuningsbasis bied aan leerlinge.
Erken die individualiteit en potensiaal van leerlinge en dit te ontwikkel tot voordeel van die samelewing.
Skep ‘n ekonomiese volhoubare omgewing.
Leerling toerus met die nodige lewensvaardighede.
Handhaaf en voortbou van tradisies.